Victoria van die Verenigde Koninkryk

Victoria
Koningin van die Verenigde Koninkryk; Keiserin van Indië
Koningin Victoria met haar goue jubileum.
Koningin Victoria met haar goue jubileum.
Vorstehuis Hannover
Titels HM die Koningin
HKH Prinses Victoria van Kent
Regeer 20 Junie 183722 Januarie 1901
Kroning 28 Junie 1838
Voorganger William IV
Opvolger Edward VII
Volle naam Alexandrina Victoria
Gebore 24 Mei 1819; Kensington-paleis, Londen
Oorlede 22 Januarie 1901; Osborne House, die Eiland Wight
Begrawe 2 Februarie 1901; Frogmore, Windsor
Eggenoot Albert van Sakse-Koburg en Gotha
Kinders Prinses Victoria, keiserin van Duitsland
Edward VII
Prinses Alice, Groothertogin van Hesse
Alfred, Hertog van Sakse-Koburg en Gotha
Helena, prinses Christiaan van Sleeswyk-Holstein
Prinses Louise, Hertogin van Argyll
Prins Arthur, Hertog van Connaught en Strathearn
Prins Leopold, Hertog van Albany
Beatrice, prinses Henry van Battenberg
Vader Prins Edward, die Hertog van Kent en Strathearn
Moeder Prinses Victoria van Sakse-Koburg-Saalfeld
Handtekening

Victoria (Alexandrina Victoria; 24 Mei 181922 Januarie 1901) was van 20 Junie 1837 koningin van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland en van 1 Mei 1876 die eerste Keiserin van Indië van die Britse heerskappy tot met haar dood. Sy het 63 jaar en 7 maande regeer, langer as enige ander Britse monarg behalwe haar agter-agter-kleindogter Elizabeth II.[1][2]

Hoewel sy die troon bestyg het in ’n tyd toe die Verenigde Koninkryk reeds ’n gevestigde grondwetlike monargie was waarin die monarg min politieke mag gehad het en invloed uitgeoefen het met die raad van die eerste minister, was sy steeds ’n baie belangrike simboliese figuur van haar tyd. Die periode van haar bewind is bekend as die Victoriaanse tydperk, ’n era van nywerheids-, maatskaplike, ekonomiese, politieke, militêre en tegnologiese vooruitgang in die Verenigde Koninkryk.

Victoria, wat feitlik ten volle van Duitse afkoms was, was die dogter van prins Edward, die Hertog van Kent en prinses Victoria van Sakse-Koburg-Saalfeld; die kleindogter van George III en die broerskind van haar voorganger, William IV. Sy is opgevoed deur haar oom, wat later koning Leopold I van België geword het.

Sy het huwelike vir haar 9 kinders en 42 kleinkinders oor die hele Europa gereël; dit het haar die titel "ouma van Europa" besorg.[3] Sy was die laaste monarg van die Huis van Hannover; haar seun koning Edward VII het tot die Huis van Sakse-Koburg en Gotha behoort.

  1. "The record-breaking age of Elizabeth, longest-lived monarch to reign over us" (in Engels). The Times. 21 Desember 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 September 2011. Besoek op 14 September 2008.
  2. "History of the Monarchy > Hanovarians > Victoria" (in Engels). The Royal Family. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2020. Besoek op 13 September 2008.
  3. Carolly Erickson (1997). Her Little Majesty: The Life of Queen Victoria. Simon & Schuster. ISBN 0-7432-3657-2.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search